Ons kontrakteurs
Ons stuur nie sommer enigiemand na jou huis nie. Elke HuisHulp-kontrakteur moet aan al hierdie vereistes voldoen voordat hy 'n enkele oproep ontvang:
- Geregistreerde besigheid — geen fly-by-night operasies nie
- Vakregistrasie — PIRB vir loodgieters; elektrisiëns wat 'n geldige Sertifikaat van Voldoening (CoC) kan uitreik
- Openbare aanspreeklikheidsversekering — sodat jou eiendom beskerm is
- Verwysings nagegaan — ons bel vorige kliënte voordat ons aanstel
- Ondertekende ooreenkoms met HuisHulp oor tariewe, reaksietye en werkstandaarde
Is jy 'n loodgieter, elektrisiën, handyman, slotmaker of glaswerker?
Sluit aan by HuisHulp se paneel en kry bestendige werk in Bloemfontein — sonder bemarkingskoste. Ons betaal stiptelik teen die ooreengekome tarief vir elke oproep.